JOIN OUR MAILING LIST

2 November 2015

Vat nog ʼn draai op Bapsfontein

In 1963 is hierdie besondere foto geneem en 52 jaar later stap ek in September  by ʼn geskiedkundige kroegie in en herken die vrou op die foto, skryf DE WET POTGIETER.  Hoe kon ek haar gesig vergeet? Haar man was immers die redakteur wat dit in 1975 gewaag het om te kyk of ek ʼn verslaggewer kan word. Twee veterane uit die dae van Die Vaderland, die bobaasdraaiboekskrywer, Paul C. Venter, en die internasionaal-erkende fotograaf, Wessel Oosthuizen, het haar dadelik herken en die kat uit die sak gelaat in Nuuskantoor-News Desk. Darem nie heeltemal nie want Wessel het gesê dit is Lettie Greyling en dit was haar nooiensvan en nie haar skryfnaam nie, maar haar noemnaam van ouds. Die van julle wat nie weet waaroor dit gaan nie, gaan lees gerus die eerste plasing op Facebook hierso: https://www.facebook.com/de.potgieter/posts/10152947385351792  Sedertdien het ek en oud-redakteur HARALD PAKENDORF teruggegaan na die kroegie om die goeie verlede te gaan opdiep.

Die tog na Bapsfontein

Ek het in September vanjaar ʼn Sweedse televisiespan met ʼn omstrede ondersoek in Suid-Afrika gehelp toe ek ná jare weer saam met hulle in Bapsfontein beland het. Die Engelse praat van serendipity en hierdie is nou ’n goeie voorbeeld hiervan. Die laaste keer wat ek in die ou spookdorpie was, word breedvoerig in my jongste boek, Grusaam in die hoofstuk oor Ferdi Barnard, bespreek. ’n Boek wat nou in Oktober vrygestel is.

Die Swede was op soek na agterstraatklinieke wat in die laat tagtigs en aan die begin van die 1990’s deur ʼn sinistere karakter in agtergeblewe woongebiede bedryf is en een hiervan was blykbaar in Bapsfontein gewees.

Voor ons die pad vat maak ek ʼn paar oproepe om uit te vind of daar nog iets oor is in die dorpie wat gevaar staan om in sinkgate te verdwyn. “Nee man, daar gaan niks meer aan nie. Net ’n klomp plakkers wat die plek oorgeneem het en shacks oral,” is aan my vertel, maar die Swede wou tog daar gaan rondkyk en ons ry toe maar soontoe.

Johan Visagie en Baps se tuinier wat al 45 jaar op dieselfde plek staan en spit

Groot was my verbasing toe ons daar aankom en ek sien iemand is besig om die ou Bapsfontein Hotel oor te verf. Daardie geskiedkundige hotel waar kunstenaars soos Eddie Eckstein en die Bats, Billy Forest  en Gene Rockwell naweke vol sale gelok het, staan soos ʼn oase in die barre oorblyfsels van die vervalle ou dorpie.

Op die voorstoep vertel die mede-eienaars, Johan Visagie en Suzaan de Wet, hulle gaan die ou tyd weer laat herleef by die Bapsfontein Hotel. Met dié sê Johan ek moet saamstap hy wil vir my iets gaan wys. Ek was stomgeslaan toe ek in die kroeg instap en al die ou swart en wit foto’s uit vergange se dae  sien wat teen die mure hang. Dit moet uit die laat vyftigs en vroeë sestigerjare dateer.

Die eerste een wat my oog gevang het was die foto van ’n klomp vroue wat daar vir die fotograaf poseer. Heel moontlik ’n span beoordelaars saam met die baie bekende eienaar van die Bapsfontein, Frans Hattingh, in sy kenmerkende wit hemp en flenniebroek. Dit was eintlik die elegante jong vrou tweede van regs wat my oog gevang het. Ek ken haar en al was dit ʼn foto van 52 jaar gelede- toe ek maar in Standerd 3 was- het ek geweet dit is Aletta Pakendorf- Harald se vrou.

“Moenie ou koeie uit die sloot haal nie.”

Daardie aand laai ek die foto op Nuuskantoor-News Desk se Facebook-blad en deel dit ook op Aletta se FB-profiel. Getrou aan haar spitsvondigheid was haar eerste reaksie: “Ag nee De Wet, moet jy nou ou koeie uit die sloot gaan haal.”

Ná baie kopkrap en nadat Harald weer saam met my ʼn ondersoek ter plaatse gaan doen het, het hy en Aletta tot die slotsom gekom die foto is aan die einde van 1962 of aan die begin van 1963, kort voor hul troue, geneem.

In daardie jare het sy as jong verslaggewer van Die Vaderland gereeld verslag gedoen oor optredes en talentkompetisies in die welbekende hotel.

In my soeke na meer inligting oor die Bapsfontein Hotel van toeka, kom ek toe af op ʼn lekker artikel wat nog ʼn oudkollega van ons en deesdae die redakteur/uitgewer van Die Bronberger- “Bronnie”, Gerhard Kleijn se vrou, Angie, oor dié pretdorp van ouds geskryf het.  //www.bronberger.co.za/

Hy het Nuuskantoor-News Desk toestemming gegee om maar die storie met ons lesers te deel.

Uit vergange se dae

Vroeër jare het mense in deftige pakke en aandrokke van heinde en verre gekom om by die Bapsfontein-hotel te dans. Alle danspaaie het na die ‘Baps’ geloop. Musieksterre soos Min Shaw, Barbara Ray en Lance James het hier naam gemaak. Met die hotel se sluiting in 1994 het, wat as die Boere-Memphis-era beskryf is, daar tot ’n einde gekom.

Na bykans 20 jaar se verval en besetting deur duisende plakkers wat die danssaal as ’n sjebien gebruik het, word daar nou weer in die Baps gedans. Die bouval is ’n paar jaar gelede deur Gert Wolmarans, Fanie van Wyk en André Zehnder aangekoop en hulle doelwit is om die ou diva tot volle glorie te herstel.

Gert, Fanie en André het begin om die hotel in fases te restoureer. Toe hulle die bouval aangekoop het, was die meeste vensters gebreek, daar was geen elektriese kabels oor nie en daar is op die dansvloer vuur gemaak. Dit sou dus heelwat werk verg om die ou dame weer respektabel te maak.

Francois Johannes (Frans) Hattingh, die man wat Bapsfontein in ’n bestemming omskep het wat niemand gou kon vergeet nie, is op 17 September 1919 gebore. Hy het die Bapsfontein-hotel in 1952 as ’n 32-jarige bouer gekoop. Die legendes wat rondom dié hotel ontstaan het, het alles met Frans se visie te doen gehad.

’n Polisieman wat in die tagtigs by Welbekend Polisiestasie gewerk het, vertel dat hy eendag vir baie ure na Frans se lewensverhaal gesit en luister het. Hy het vertel “hoe hy stene gelê het dat sy jonge rug wil breek en bloed deur die krake van die sement-eelte op sy hande sypel. Dat hy homself ryk gebuig, gesweet en gewerk het en toe Bapsfontein ‘raakgesien’ het.”

In 1955 het Frans die eerste danssaal voor die hotel gebou en elke Vrydag- en Saterdagaand is daar tot hanekraai gedans op die maat van musiek deur Van’s Swing Band.

Frans het later ’n plesieroord oorkant die hotel ontwikkel met ’n saal en ’n verhoog, ’n swembad, braai- en piekniekgeriewe, koeltebome, sitplek, parkeerplek en ’n permanente pretpark met masjienaangedrewe vermaak soos mallemeules.

Al Willox en sy groep het sedert 1956 vir vermaak gesorg en knap ’n jaar later moes ’n groter danssaal gebou word.

Vanaf 1961 is die LM Talent Parade op Saterdagaande regstreeks uit Bapsfontein uitgesaai. Dié uitsending het gehore van tot 3 000 mense na die Baps gelok en die halfeindronde is deur 7 000 mense bygewoon. Dit is in die eindronde van dié parade wat ’n onbekende onderwyseres, Min Shaw, naam gemaak het.

In 1962 was dit tyd vir verdere uitbreidings. Die danssaal het twee verhoë bygekry en ’n houtvloer met plek vir 750 paartjies – die grootste danssaal in die suidelike halfrond.

Die houtvloer was ’n spesiaal-vervaardigde dansvloer wat goed genoeg vir internasionale danskompetisies was.

Rondom die dansvloer, op die platform, kon honderde mense by tafels en stoele sit en die verhoë het altyd met ’n lewendige orkes, soos die van Hansie Roodt, gespog.

In 1977 was die Baps-belewenis so bekend dat die BBC ’n dokumentêre program oor die dorpie gemaak het.

Frans was ’n netjiese man en het altyd ’n wit hemp, geruite hoed en ‘tweed’ baadjie gedra. Geen wonder dat hy op ’n sekere standaard kleredrag aangedring het nie en dat jy nie ’n man sonder ’n das op die dansvloer sou sien nie.

Die reëls wat by die voordeur aangebring is, het dit duidelik gestel: “Drag: Streng aanddrag en vol pakke alleen. Geen kinders en denim-klere sal gedurende dans-aande toegelaat word nie.”

Nog ’n reël was: “Geen enkelmanspersone sal toegelaat word nie”. Die oudpolisieman van Welbekend het vertel dat Bapsfontein later in die 1980’s die ontug Mekka van hierdie land geword het.

Frans het die hotel in 1982 aan Manuel da Cal verkoop. Groot country-konserte het steeds duisende mense gelok en op enige gegewe dag kon jy sit en luister na Gene Rockwell, Tommy Dell, Bobby Angel, Barbara Ray en Lance James.

Frans is op 13 April 1987 oorlede en is in Kemptonpark se Bredell-begraafplaas begrawe. Die laaste groep wat in 1994 by die Baps opgetree het met die hotel se afsluitingsgeleentheid, was Mango Groove.

Toe die hotel in 1994 bankrot gespeel het, het die plakkers begin intrek. Daar het uiteindelik 5 000 mense gebly en 210 strukture is op die perseel opgerig.

In Februarie 2007 is die vervalle hotel met plakkers en al op ’n veiling vir R150 000 verkoop en die plan was om die gebou in ’n winsgewende handelsentrum te omskep.

Sinkgate het in die gebied ontwikkel en die plakkers is in 2011, glo vir hulle eie veiligheid, na Putfontein verskuif.

Dit is toe dat Bapsfontein letterlik uit die as begin opstaan het. Nuwe restaurante het begin oopmaak, ’n Saterdagmark is in die lewe geroep en in 2012 het Gert, Fanie en André die hotel gekoop en bekende musiekgroepe het daar begin optree.

Sedertdien het Johan Visagie en Suzaan de Wet die perseel by die eienaars gehuur en bestuur hulle die hotel, restaurant en kroeg. Een ding is seker: daar gaan in die toekoms nog baie in Bapsfontein gedans word.

 

 

 

 

 

 

 

 

Behind the Iron Curtain today

I do know it’s been nearly 26 years since this ugly curtain was drawn, but still there is some odd nostalgia to venture behind it, observe the interesting languages, food and diversity, discover the great cities and cringe at the stomach-turning history. Once you’ve seen Auschwitz, realized the terror of the communist cold war on the East European people, the modern day slavery inflicted on nations such as Hungary and slept in the Plitvička where, as recently as 20 years ago, the Serbs and Croats were still fighting a fierce civil war, you realize that the human race is evil, really evil. Expat South African DE WET HERSELMAN and his family spent their European summer holiday exploring the other side of Europe.

Chris de Burgh says it: ‘I fail to see the wisdom of a war’.

Why Eastern Europe?

I decided to acknowledge and see this history for myself, and Heleen and I planned our trip. Before you stop reading because ‘you’re not in the mood for a somber dark blog post’, let me entice you with the confirmation that what we have seen and how these former grey dark places have lifted themselves and created wonderful new destinations with breath-taking tourist destinations is the real wow of what we’ve discovered. I believe everyone should visit Eastern Europe.

Prague is a majestic old grand city and is often called the Paris of the east. Indeed a beautiful city, with a buzz of activity, street musicians, restored vintage cars for rides on sightseeing trips and the exceptional architecture for post card quality photographs.

We took a city tour in a 1929 Praga 10 seater car that proved to be an excellent choice. Feeling like the queen (and having to concentrate not to lift the hand in her familiar wave to the crowds) we were entertained through the streets of Prague including the old town, the bridges and the castle hill. We hooked up with friends from South Africa, who nowadays stay in Prague, and imagined ourselves rubbing shoulders for breakfast with the likes of Albert Einstein and Franz Kafka in the famous restaurant, Louvre where both these gentlemen used to ‘hang out’.

But Prague was still very much like the west and I wanted to go deeper behind the old Iron Curtain and, with a lunch stopover in beautiful KutnaHora and a fabulous one-nightstopover in the rural Czech town Házovice we headed to Krakow, Poland.

The evil that men do

On our way, though, was Auschwitz…

This is the most horrific place I have ever seen. I cannot even try to write something about it. What strikes me about this history, and then the more recent war theatres we’ve traveled through, is that it’s not ancient. It’s not Vlad the Impaler in the Dark Ages, or Atilla the Hun. It’s in our day and age. Some of the people involved and responsible for these most inconceivable atrocities are still living amongst us.

In Auschwitz itself, the number varies on how many people were actually murdered there. Polish governments itself reduced their official number down from the originally broadcasted 4million to what seems to be the official number now of around 1.1 million. It’s much less, but by no means any less atrocious. Think about the numbers: 1.1 million people in 5 years. That’s 220,000 people per year being murdered or even more exasperating 603 innocent people per day. These were not soldiers shooting back; these were innocent and disowned people suffering at the oppressing hands of Nazi’s! It is incomprehensible! Nonetheless, in my view, and despite its horror, Auschwitz should be visited for the sake of creating a better future.

Krakow is one funky, beautiful and definitely worthwhile city to visit. During the rule of King Krakus, very much as in the times of Lord Farquaad (remember him from Shrek?) I presume, the farmers in the vicinity of Wawel Hill got so fed-up with the weekly sacrifice of a cow to the local dragon that they ‘poisoned’ him by feeding him a cow skin filled with smoldering sulfur! With the dragon’s rule up in flames, Krakus built his castle in Wawel Hill and voila, Krakow was founded. Or at least, that’s according to some legends.

As with most of Europe, history is filled with violence, war en terror. Krakow is no exception. Krakow as a city was spared during WW2, mostly because it served as a major Nazi base and formed the capital of this region. Soon the Nazis decided that they will rid Krakow of all Jews and decided they were not willing to live near the Jews.

Initially many Jews were deported, but then the Krakow Ghetto was established. Walled in as part of the city, this was where all the Jews had to live in horrendous conditions. To visit the Jewish Ghetto Square and reflect on what happened was a truly thought provoking experience. On the square is a memorial consisting of monumental chairs to signify the habit of the Nazis to enter Jewish apartments and throwing all the furniture out of the window.