JOIN OUR MAILING LIST

27 Junie 2016

Kanna, prof Adam hy is hystoe

Die filosoof en digter, Adam Small is dood. ALITA STEENKAMP bring hulde aan hierdie baie spesiale stem in Afrikaans

Die nuus dat prof Adam Small gesterf het, was onverwags. Dis asof ’n mens dink groot geeste soos hy moet vir altyd lewe. Met die nuus van sy dood het ek dadelik teruggedink aan my eerste werklike kennismaking met  Adam Small. In die vroeë tagtigerjare was ek ’n student aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Een van my vakke was Spraak en Vertolkingskunde en so het ek ook die voorreg gehad om by die briljante prof Theuns Botha klas te kry. Van die wonderlikste geleenthede vir my was die skemeruurkonserte in die klein teater by die dramadepartement. In een van hierdie konserte het Theuns Adam Small se gedig, What abou’ de lô? voorgedra, en ek het met daardie geleentheid nie net diep onder die indruk gekom van Theuns se talent nie, maar ook besef hoe kragtig die boodskap is wat Adam Small met sy poësie uitstuur. Ek sou Theuns daarna by vele ander geleenthede dieselfde gedig sien dramatiseer, en keer op keer het dit my geruk.

Meer as 30 jaar later kry ek die geleentheid om ’n profiel saam te stel van Adam Small. Hy is aangewys as een van die beskermhere vir die splinternuwe Afrikaanse webwerf, www.Afrikaans.com. Dit was ’n reuse uitdaging om so ’n groot gees te probeer vasvang in ’n beperkte aantal woorde. Ongelukkig het ek nooit persoonlik met hom gesels nie en ons het bloot per e-pos gekommunikeer. Tog was dit uiteindelik goed om te weet dat hy dit wat ek oor hom geskryf het, goedgekeur het, met enkele veranderings hier en daar aan die profiel wat ek saamgestel het.

Met die loodsing van die projek op Donderdag 26 Mei, was Adam en sy vrou Rosalie daar en ek het die voorreg gehad om hom vinnig te groet. Terwyl die funksie aan die gang was het ek by die oploop na die badkamer gesit, en iewers in die loop van die aand het Theuns Eloff  Adam verby my gelei, op na bo. Dit was ooglopend dat die ou man swaar en moeilik beweeg, en ek het meteens ’n knop in die keel gekry, veral oor die manier waarop Theuns Eloff dit duidelik met die nodige empatie gedoen het.

Hoe graag sou ek nie iewers rustig oor ’n glasie wyn met hom wou gesels nie. Meer wou hoor oor sy ryk en kleurvolle lewe wat veel meer as die skryf van dramas en gedigte behels het. En nou is hy weg... Hoe mooi het Yuri Thumbran iewers op Facebook geskryf?: “Kanna, hy is nou hystoe.”

Prof Adam, ek sou graag vir jou wou sê: “Dankie vir die manier waarop jy my geleer het dat sogenaamde Standaardafrikaans, nie almal se Afrikaans is nie, en dat elke variëteit sy eie bekoring het. Ons almal het ’n plek hier in ons breë Afrikaanse taalgemeenskap en ons móét mekaar daai plek gun.

“Ek sou so graag ’n konsert wou reël. Dan moet jy langs my in Potch se klein teatertjie sit, en prof Theuns moet vir ons What abou’ de lô uitvoer, so intens soos net hy kon.”

Hiermee die profiel wat op www.Afrikaans.com verskyn met ’n effense verandering aan die laaste paragraaf wat ek net so publiseer uit die e-posantwoord wat hy vir my gestuur het. Mag sy woorde lank bly inspireer, bly vermaak en bly betower. Dankie vir al die deure wat jy oopgemaak het, Adam Small.

Taalmens en Filosoof

Reeds van baie jonk af het Adam Small geweet hy sou eendag ’n skrywer word. Die digter en dramaturg word op Goree groot, ’n klein nedersetting aan die buitewyke van Robertson. Sy pa was die skoolhoof daar, en 'n gemeenskapsleier.  Hier op die Bolandse platteland het Adam Small reeds skouers geskuur met armoede. Sy pa het later na ’n skool in Retreat op die Kaapse Vlakte verskuif, waar die jong Adam kennis gemaak het met Kaaps, die spreektaal van die werkersmense wat hy so treffend in sy skryfwerk gebruik. Nadat hy sy basiese graad in Taal en Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, volg hy dit op met ’n MA-graad in Filosofie. Hy studeer ook aan die Universiteite van Londen en Oxford.

Prof Small begin sy loopbaan as onderwyser in Wellington, sy geboortedorp.  In 1959 word hy dosent aan die Universiteit van Fort Hare, waar hy Filosofie doseer. Daarna word hy die eerste hoof van die Departement Filosofie aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), in 1960. In die vroeë Sewentigerjare raak hy betrokke by die Swartbewustheidsbeweging, en in 1973 bedank hy uit die UWK. Hy woon en werk vir ’n ruk in Johannesburg, maar in 1975 vestig hy hom weer in die Kaap, waar hy aansluit by die Uitgewery Maskew Miller as 'n werkende direkteur. Daarna is hy betrokke by gemeenskapswerk (as direkteur van die Wes-Kaaplandse Stigting vir Gemeenskapswerk), en verkry die graad BA Soc Sc in Maatskaplike Werk (UNISA). Hy keer in 1984 terug na die UWK, hierdie keer as hoof van die Departement Maatskaplike Werk, waar hy werksaam is tot sy aftrede einde 1997.

Sy bydrae tot die letterkunde

Adam Small se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde is enorm. ’n Deurlopende tema van sy werk is die wel en wee van ons werkersgemeenskappe en die onderdruktes onder apartheid. In die digbundels Kitaar my Kruis en Sê Sjibbolet gebruik hy veral satire om die onhoudbaarheid van dinge soos gedwonge verskuiwing, rasseklassifikasie, 'aparte geriewe', en rassediskriminasie uit te beeld. Hy word die voorloper van ’n hele generasie Afrikaanse digters wat ’n belangrike bydrae lewer met protespoësie. Sy skryfwerk help ook om ’n bewustheid te kweek van die verskillende variëteite van Afrikaans.

In 1965 publiseer Adam Small die groot drama, Kanna hy kô hys toe. Hy sou eers vyftig jaar later 'n Hertzogprys ontvang.  Ander dramas van hom is Joanie Galant-hulle (1978), Krismis van Map Jacobs (1983), en Maria, Moeder van God (2015).

Sy veelsydigheid blyk daaruit dat hy ook poësie in Standaardafrikaans skryf, soos in Verse van die Liefde (1957) en Klawerjas (2013). Met laasgenoemde bundel onderbreek hy ’n digterlike stilswye van 40 jaar (sedert Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses).

In Desember 2015 word 'n verdere Eredoktorsgraad - 'n vierde - aan hom toegeken deur die Universiteit van Stellenbosch: die voriges was van die Universiteite van Natal, Port Elizabeth, en Wes-Kaapland.

Prof Small se regterhand is sy vrou Rosalie wat al sy handgeskrewe werk vir hom op rekenaar sit. Sy is ’n PhD in Filosofie van die Opvoedkunde.

Foto: Books Live

Sy liefde vir die taal

Prof Small sê hy leef van dag tot dag in Afrikaans. Soms gebruik hy Standaardafrikaans, maar andersins praat hy Kaaps soos die meeste Afrikaanse mense rondom hom.

“Die feit dat dit die taal is waarin ek "op my moeder se arm was" nog vóórdat ek kon loop, en die taal ook waarin ek my eerste skredes in léés gegee het, en - natuurlik - in kennis van mense rondom my is van die dinge wat die taal vir my so besonder maak.

“Dis belangrik vir my dat ek déúr Afrikaans respek bekom het vir ander tale: binne ons Suid-Afrikaanse konteks, Engels veral - tot die mate dat ek, later, in Engels ewe tuis kon voel as in Afrikaans. Ek vind dat ek vanuit Engels kan terugkyk op Afrikaans, asof ek van 'n afstand af 'n landskap gadeslaan en die trekke en omlynings daarvan agterkom - soos ek nie sou kon doen indien ek nét Afrikaans alleen beleef het nie.”

 

 

18 Maart 2016

Die man agter die lens

Wyle Elroy Bumper Gouws

 

’n Sportfotograaf wat presies op die regte oomblik die knoppie kon druk, is Wessel Oosthuizen. G’n wonder hy het in 2011 ’n tweede plek behaal in die rugbyfotokompetisie wat gehou is by die Union:The heart of Rugby-uitstalling in Auckland nie. 75 fotograwe van regoor die wêreld het teen mekaar meegeding. Die fotograaf wat die wenfoto geneem het, Ross Land, het agterna vir Wessel gesê: “Sorry old chap, home town advantage.” Die wenfoto was een van ’n bebloede Richie McCaw. Moet egter nie dink dit is Wessel se bekende foto van Frik du Preez wat in 1970 in ’n toets op Loftus Versveld die All-Black-skrumskakel Chris Laidlaw plettervat nie. Dit is immers hierdie foto wat Wessel, soos hy sê, op die map geplaas het. Die foto wat wel uit sy vyf inskrywings gekies is as die tweede beste rugbyfoto in die wêreld, is die een van Elroy Bumper Gouws. Wessel het die foto op De Rust geneem in ’n klubwedstryd, jare gelede. ALITA STEENKAMP het met Wessel Oosthuizen gesels.

 

Die man agter die lens

Wessel het in 2010 ’n koffietafelboek vir fynproewers gepubliseer, Portrait of Rugby. Met hierdie boek wou hy die oomblikke van oorwinning, maar ook sporthelde se teleurstellings, met gewone mense deel. Die boek, ’n leergebinde boek in ’n A3 formaat, het meer as ses kilogram geweeg en het so ’n bietjie meer as 500 foto’s bevat. Daar was net ’n beperkte oplaag van hierdie boek beskikbaar. Op ’n dag het Wessel gaan sit en dink en besef dat opwindende rugbyspelers soos Derick Hougaard, Pat Lambie, Jesse Kriel  en Handre Pollard nie in die boek is nie, en hy sou graag die boek wou bywerk.

Aan die einde van 2015 het hierdie bygewerkte Portrait of Rugby verskyn. Die foto’s in die boek strek tot aan die einde van die 2015 Curriebekerreeks, wat die Lions gewen het. Daar is ook van die 2015 Rugbywêreldbekerfoto’s in die boek wat deur die fotograaf Christiaan Kotzé geneem is. Vir Wessel was dit belangriker om in Suid-Afrika te bly vir sy dogter se troue, en hy het hierdie gebeurtenis misgeloop.

In die nuwe uitgawe is daar nog meer foto’s in die boek: ’n volle 1237 foto’s waarvan 1001 foto’s deur Wessel self geneem is. Die res is foto’s van kollegas wat graag aan hierdie boek meegewerk het.  Wessel het besluit om die boek hierdie keer in China te laat druk en ook in ’n kleiner formaat wat dit baie meer hanteerbaar en bekostigbaar maak. Hy het weer net 1000 eksemplare laat druk, en enige rugbyliefhebber wat ’n kopie hiervan wil hê, sal moet spring voordat alles opgeraap word.

Oud-Volkie se toekomsdrome

                       Frik du Preez (links)                                                                                                                                                 Warren Whiteley met Wessel se jongste boek (regs)  

Faf de Klerk in aksie

Wessel, wat een van sewe kinders was, het aan Hoër Volkskool Heidelberg gematrikuleer met ’n onderskeiding in Boekhou en Handelsrekeningkunde en het daarvan gedroom om ’n B.Com. graad te verwerf. Na ’n kort draai van twee weke by die destydse Volkskas Bank, het Wessel plek in die Lugmag-gimnasium gekry.

“Ons soldy was maar skraps: R7.50 per maand waarvan R2.50 afgetrek is vir ons baadjies en ’n sak wat ons sou kry aan die einde van ons opleiding. Daar het ek ’n kursus in fotografie gedoen. In die tyd in die Gimnasium het ek na enige moontlike werksonderhoud gegaan want dit het my weggeneem van die drillery af, en het gewoonlik ’n gratis ete ingesluit. Op ’n dag het Louis Nel van Die Vaderland daar aangekom en my gevra of ek nie ’n persfotograaf wou word nie. Ek het gedink dis ’n goeie idee om dit tydelik te doen totdat ek genoeg geld bymekaar kon kry om te gaan studeer. Al sou ek kon kwalifiseer vir ’n Spoorwegbeurs omdat my pa op die Spoorweg gewerk het, sou dit nie genoeg gewees het om vir alles te betaal nie. Op 1 Januarie 1962 het ek by Die Vaderland se kantore in Empireweg nr. 8, Aucklandpark ingestap met my Lugmag-gimnasiumbaadjie, ’n blou hemp en die Lugmagdas, ’n blou broek en rondepuntskoene. Daar het alles vir my begin.”

Nadat hy eers die opwinding beleef het om foto’s vir die koerant te neem, het enige ander planne by sy kop uitgewaai. Aanvanklik was hy te jonk en mag hy nie na die groot stadions gegaan het om rugbyfoto’s te neem nie. Hy het bloot die klubwedstryde met sy kamera gaan dokumenteer. Wessel se groot deurbraak het gekom met die All Black-toets op Loftus,  waar hy die bekende Frik du Preez-foto geneem het. Die dag het hy nog twee ewe treffende foto’s geneem, alles met ’n gewone 35 mm kamera sonder ’n outomatiese laaimeganisme (motordrive). Die een is van Mannetjies Roux wat bo op die All Black-flank, Tom Lister, staan sonder dat daar ’n bal naby is en die ander is van Joggie Jansen wat die All Black-losskakel, Wayne Cottrell, duik.  Daardie drie foto’s het gesorg dat almal meteens kennis geneem het van hierdie fotograaf.

Glenda Kemp sonder sterretjies

Een van die stories wat  Wessel graag met ’n breë glimlag vertel, is die aand toe Glenda Kemp en Oupa in sy woonstel kom dans het. Wessel het van die eerste foto’s wat ooit van Glenda Kemp in koerante verskyn het, geneem en sy vriende het hom aangemoedig om Glenda te probeer oorreed om vir hulle ’n privaatdanssessie in sy duplekswoonstel te doen. Die aand toe Wessel die oproep na Glenda maak, was sy vriend, Johan Wessels, ook in die woonstel. Wessel het op die onderste verdieping met Glenda oor die foon gesels. Sy het hom meegedeel dat haar tarief vir die aand R150 is. Dan bly die sterretjies op. Indien sy sonder sterretjies dans, skuif die bedrag op na R300. Wessel het nog hard probeer om Glenda om te praat om dit verniet te doen, want hulle het haar dan kwansuis bekend gemaak, maar Glenda het voet by stuk gehou. Die volgende oomblik het Johan op die boonste verdieping die foon opgetel en vir Glenda gesê: “Los jou sterretjies, ons betaal R300 en jy sal jou geld kry.”

“Ons het toe maar vir al die manne wat wou kom R10 toegangsgeld gevra en daarmee saam het hy kerrie en rys en ’n bier of twee gekry. Dit was in die dae voor Nommer Asseblief, Dallas en Jerry Springer en die manne was honger vir vermaak. Ek en is toe daar weg om vir Glenda te gaan oplaai. Sy het in die kar langs my in geklim met ’n piekniekmandjie op haar skoot. Daar by John Vorster-plein het ek gesien die mandjie haal asem. “Glenda, is dit oupa daar in die mandjie” wou ek doodbenoud weet. Sy het bevestig dat dit is. “As daai slang sy kop by die mandjie uitsteek, gooi ek die kar om,!” vertel Wessel.

By sy woonstel het die manne al almal gereed gesit vir die vertoning. Die manne het oral gesit: teen die trappe op soos op  Ellispark se hoofpawiljoen, op die opgerolde mat teen die muur en op elke stoel en bank. Net voordat die vertoning kon begin, was daar ’n klop aan die deur. Nadat Glenda by die woonstel opgedaag het is die deur vir veiligheidsonthalwe gesluit. Die klomp koerantmanne wou nie hê dat die polisie hulle met ’n ontkleedanseres in die woonstel betrap nie. Wessel het die deur versigtig oopgemaak en toe gesien dit is een van sy kollegas en ’n vriend, albei deftig geklee in ’n pak klere. “En nou manne,” wou hy weet. “Nee ons het vir ons vroue gesê ons gaan na ’n Rapportryersvergadering toe,” het een van die twee verleë gesê.

Ai Wessel, Wessel!

En daar het Glenda begin dans. Wessel was verantwoordelik vir die musiek. Hy het ’n seven single op die draaitafel gesit, die sensuele JeT’aime van Serge Gainsbourg en Jane Birkin en Glenda het met haar verleidelike dans begin. Een van die joernaliste, wyle Jaap Swanepoel wat later saam met sy vrou in die Helderberg-vliegramp gesterf het, het skoon meegevoer geraak. Vir elke item wat Glenda uitgetrek het, het hy ook iets uitgetrek. Later het Jaap plat op die mat gesit, net met sy onderbroek aan.

Toe Glenda vir Oupa in sy rigting gooi, het hy vervaard na die slang geklap, maar sy het hom betyds weggekry voordat enige skade aangerig kon word. Die bier het gevloei, en Glenda het gedans. Elke keer wat die musiek tot ’n einde gekom het, het Wessel die arm van die platespeler opgelig en weer neergesit. Die manne was in vervoering en al wat vergete bly staan het, is die bakkies met kerrie en rys.

“Die volgende oggend vroeg het een van my kollegas se vrou my gebel. “Wessel, nou wanneer trou jy dan?” Ek het verbaas vir haar gesê ek is nog nie van plan om te trou nie.  “Maar my man was dan gisteraand by jou ramparty?” het sy geantwoord, maar ek kon hoor dat sy hom nou glad nie meer geglo het nie. Al wat ek weet is die aand was ’n reuse sukses. Dit het ’n aand geword wat almal wat daar was, waarskynlik nooit sal vergeet nie.”

Wessel en Madiba

Wessel het in sy lang kleurvolle loopbaan natuurlik nie net sportfoto’s geneem nie maar ook baie nuusfoto’s want hy was beide Die Vaderland en The Citizen se hooffotograaf. Iemand wat hy gereeld moes afneem, was wyle president Nelson Mandela. Die statige ou man wou gereeld by Wessel weet wanneer hy gaan aftree. Dan het Wessel bloot vir hom gesê: "Mr. Mandela, I will retire the day that you retire.”

Vandag kyk Wessel met trots terug op ’n suksesvolle loopbaan van meer as vyftig jaar. Daar was talle uitdagings, maar ook wonderlike hoogtepunte. Hy en Lappe Laubscher, ’n bekende oudjoernalis het vanjaar ’n boek uitgegee waarin daar meer as net rugbyfoto’s is. Wessel het in sy loopbaan ook foto’s van deelnemers aan sportsoorte soos atletiek, swem, boks, stoei en gimnastiek geneem en was by heelparty Olimpiese Speles. In hierdie boek, South Africa at the Olympic Games 1904 – 2012,  is daar ’n mooi versameling van Wessel se foto’s, maar ook die geskiedenis van Suid-Afrika se deelname aan die wêreld se grootste sportgebeurtenis.

“Kyk jy terug op jou loopbaan besef ’n mens daar was nooit regtig finansiële vergoeding vir die werk wat jy gedoen het nie,” sê Wessel terugskouend. “Ek het nooit ’n maatskappymotor gekry nie,  ek het nooit aandele gekry nie en die geld was maar min. Maar tog bly dit die beste, beste werk in die hele wêreld. Ek het konings en koninginne, staatspresidente, prinse en prinsesse ontmoet. Ek het blad geskud met die beste sportmanne en -vroue in die wêreld. Daardie voorreg is meer as enige finansiële vergoeding.”

Portrait of Rugby kos R1600 (posgeld en versekering ingesluit) en kan by Wessel bestel word. Stuur ’n e-pos aan wesoos@telkomsa.net. Besoek ook die Facebookbladsy Portrait of RUGBY.

 

 

 

11 Januarie 2016

CHRIS BARNARD- Man van min woorde

Met Chris Barnard se afsterwe op 28 Desember 2015 het die Afrikaanse letterkunde werklik ’n reus verloor. Chris se hartaanval het gevolg ’n paar weke nadat sy been geamputeer is. Hierdie veelbekroonde joernalis, dramaturg en skrywer se nalatenskap is groot en is onsterflik vasgevang in sy oeuvre. ALITA STEENKAMP het in 2012 die geleentheid gekry om met Chris te gesels nadat hy deur die Departement van Kuns en Kultuur met die SALA-prys benoem is vir sy lewenslange prestasie in die skryfkuns. In hierdie artikel, wat in 2012 in Vrouekeur verskyn het, deel Chris op ’n kort, bondige manier sy siening oor vele aspekte van sy ambag. Nuuskantoor – News Desk het die artikel afgestof om dit met ons lesers te deel. 

Miskien kom jy, nes ek, uit die generasie wat week na week gretig gewag het op die nuutste Huisgenoot om die volgende aflewering van Danda daarin te lees. Danda was die seuntjie wat saam met sy diere, in ’n vlot al met die rivier afgevaar het en die een na die ander avontuur beleef het. Dit was natuurlik ’n pennevrug van die skrywer Chris Barnard, wat vandag, op 72 jaar, steeds aktief aan die skryf is. Danda, ’n jeugverhaal, is later opgevolg met Danda op Oudeur. Chris vertel dat sy opstelle op skool dalk nie die beste in die klas was nie, maar hulle was wel verbeeldingryk. En verbeeldingryk is daardie een ding wat sy skryfwerk nog altyd laat uitstaan het. Toe Chris destyds aanlegtoetse afgelê het om te sien in watter rigting hy moet gaan, het hy die uitslae wat bevestig het dat hy wiskundig aangelê is geïgnoreer en besluit om eerder tale te studeer. Hy het op 16 die vreugde van die biblioteek ontdek en een na die ander boek verslind en self begin skryf. Nou, dekades later, het hy steeds nie ophou skryf nie.

Die skrywer wat hom as jong man baie geïnspireer het, is Ernest Hemingway, die skrywer van boeke soos The old man and the sea en A farewell to Arms. “Daar het later vele ander gekom wat my geïnspireer het, maar na Hemingway, soos my geboorteplek, keer ek altyd terug,” sê Chris.

Chris is ’n man van min woorde, en as jy in sy geselskap is, en hy besluit dit is tyd dat hy moet skryf, moet jy maar daarmee verlief neem dat hy dalk net mag opstaan en voor die rekenaar inskuif. Sy vrou, Katinka het eenmaal in ’n televisie-onderhoud Chris beskryf as ’n introvert, maar bygevoeg dat dit juis hierdie eienskap van hom is, wat hom so interessant maak. ’n Mens sal Chris nooit ken nie, het sy gesê en bygevoeg dat hy met elke drama, rubriek of storie wat hy skryf, elemente van homself leer ken.

’n Besondere toekenning

Chris het vroeg Desember verlede jaar (2011) ’n besondere toekenning ontvang. Die SALA-Pryse (South African Literary Awards) of Salas, is ’n inisiatief van die Departement van Kuns en Kultuur in samewerking met The Write Associates. In 2011 het hulle aan Chris ’n SALA toekenning vir sy lewenslange prestasie op literêre gebied gegee.  As ’n mens in aanmerking neem dat Chris reeds op 22 jarige leeftyd gedebuteer het met die roman, Bekende onrus en dat hy boonop die CNA prys daarvoor ontvang het, en dat daar sedertdien ’n string publikasies uit sy pen verskyn het, kan ’n mens verstaan waarom hy so ’n toekenning terdeë verdien. Dit was boonop net een van vele toekennings wat hy al in sy loopbaan ontvang het. Die lys sluit onder meer twee Hertzogpryse in. Chris lag maar net as hy vertel dat daardie heel eerste CNA prys, die een vir Bekende onrus, heel onverwags was en hy was glad nie voorbereid daarop nie. Tog het dit beslis as inspirasie gedien om aan te hou skryf.

“Natuurlik skryf ’n mens nie om te kyk watter prys jy ontvang nie. Daar lê egter baie waarde in sulke toekennings. Niemand wil graag deur die lewe gaan sonder die een of ander vorm van erkenning nie. En die slag wat daar dan ’n toekenning na jou kant kom, is dit ’n teken dat jou geprewel êrens gehoor is. En dis gerusstellend,” sê hy.

’n Joernalis moet kan woorde tel

Chris was natuurlik, nes die skrywer na wie hy baie opkyk, Ernest Hemingway, ook ’n joernalis gewees. Hy het vroeg in sy lewe besef ’n mens kan net skryf, indien jy die wêreld beleef het en hy was een van die skrywers van die Sestigs wat vir ’n tyd lank in Parys, Frankryk, gaan woon het. In daardie tyd was dit die wêreldmekka vir vernuwende skrywers en kunstenaars. Van sy landgenote wat in dieselfde tyd in Parys gebly het is die skrywer Jan Rabie, André P Brink en Ingrid Jonker. Na sy terugkeer na Suid-Afrika het Chris ’n boekeredakteur geword wat baie van sy mede-sestigers se boeke uitgegee het. Natuurlik is baie daarvan destyds deur die publikasieraad verban. Chris is later weer terug na die joernalistiek. As joernalis het hy veral een ding geleer, sê hy, en dis om sy woorde te tel. Elke woord wat hy dus in ’n kortverhaal, roman of drama inspan, is daar met ’n doel en is opgeweeg voor dit ingespan is. “Besluit vooraf wat is belangrik, en skryf op die punt af en sonder fieterjasies,” is sy heel beste raad vir enige voornemende skrywer.

Vele verhoogtekste uit sy pen

Chris se heel eerste verhoogteks het hy op aanmoediging van sy goeie vriend, Bartho Smit geskryf. Bartho het ’n groot invloed op vele ander terreine ook gehad. Hierdie eerste verhoogteks was Pa, maak vir my ’n vlieër, Pa. Die stuk is so goed ontvang, dit was vir hom ’n duidelike aanduiding dat hy maar weer ’n keer kan probeer en daar het ’n rits ander dramas gevolg. Chris hou besonder baie van hierdie medium. Hy verduidelik dat dit met die skryf van ’n televisieteks altyd voel asof daar ’n sekere afstand tussen jou as skrywer en die gehoor is. Met ’n verhoogteks beleef jy en die gehoor dit op dieselfde oomblik

Hieroor sê hy: “Daar is werklik ’n besonderse beloning in die skryf van ’n verhoogdrama. Niks kan werklik daarmee vergelyk nie, maar dan moet dit werk. As dit misluk, het jy as skrywer probleme. Dan gebeur met jou wat die skare een Saterdag met die Springbokke op Loftus gedoen het. Hulle boe jou van alle kante af.”

Die ontmoeting met sy sielsgenoot, Katinka Heyns, was met die produksie van een van sy dramas, Nagspel. Die twee is in 1978 getroud en die huwelik was ’n wonderlike begin van groot dinge. Katinka het na haar huwelik met Chris die filmmaatskappy Sonneblomfilms in die lewe geroep. Chris het die draaiboeke geskryf, en sy het dit verfilm. Bekroonde flieks soos Fiela se kind, Die storie van Klara Viljee, en natuurlik Paljas is alles die maatskappy se produkte. Daar het ook heelwat televisiereekse gevolg soos Phoenix & KieOnder draai die duiwel rond, en die baie gewilde Amalia I en II.

Katinka vertel dat wanneer Chris besig is om aan ’n draaiboek te werk wat sy gaan verfilm, durf sy nie inmeng of probeer kyk wat hy skryf nie. Eers wanneer hy klaar is laat Chris dit in haar hande oor, en dan moet sy daarvan ’n fliek maak.

Op Paljas is Chris steeds baie trots. Die film is destyds wêreldwyd op feeste vereer. “Paljas het die naaste vir my en Katinka gekom aan die soort film wat ons van die begin af sou wou gemaak het. Dit was nie ons laaste film nie, maar meer mag ek nie verklap nie. Daar word deesdae gepraat van die oplewing in die Afrikaanse filmbedryf. Ek wonder net van watter oplewing is daar sprake. Dalk kwantititeitsgewys. Hoeveel werklike goeie Afrikaanse films is daar die afgelope paar jaar gemaak? En hoe vergelyk hulle met die bestes van die jare tagtig en negentig?” speel hy duiwelsadvokaat.

Boerdery in sy bloed

In 1994 het die geroep na sy plek van herkoms te hard geword en Chris kon dit nie langer ignoreer nie. Hy het vir hom ’n plaas in die Laeveld gekoop. Dis naby Nelspruit en sowat agt kilometer van sy geboorteplek, Mataffin af. Vandag is hy dankbaar dat sy pa nog daardie tyd geleef het en toe hy die eerste 500 sitrusboompies op Thulani geplant het, het sy pa saam met Chris van boom tot boom geloop, en aan sy seun die groen lig gegee: “Ja my seun, uiteindelik is jy besig om reg te kom.” Dis duidelik dat dit vir die boer ’n swaar pil was om te sluk dat sy seun met woorde sy brood en botter verdien het.

Chris het baie lank self met sitrus en macadamianeute geboer. Hy beskou dit glad nie as vreemd dat hy vir so lank twee uiteenlopende ambagte gehad het nie. “Hulle het mekaar aangevul. Min dinge verskaf my soveel bevrediging as om iets te plant en dit te sien groei. Skryf is maar net ’n ander vorm daarvan.”

Die afgelope twee jaar word die boerdery egter deur iemand anders behartig vanweë ’n rugoperasie wat Chris lank gekniehalter het. Tog bied die plaas aan Chris die verlangde stilte wat hy nodig het wanneer hy wil skryf.

Thulani, sy plaas se naam, beteken juis om stil te word. Chris sê stilte is vir hom die enigste manier om werklik by homself uit te kom. “Mense hardloop al hoe meer van stilte af weg. Dit kan ek nie verstaan nie. Dalk is hulle bloot net te bang om by hulleself uit te kom. Wie weet wat hulle daar gaan teëkom.”

Jy vra verniet vir Chris waar sy inspirasie vandaan kom. Daar is nie iets soos inspirasie nie, hou hy voet by stuk Om te skryf is net bloot harde werk; dis soos om ’n huis te bou, jy sit die een steen op die ander neer.

“Die lekker in die skryfproses is wanneer daar iets in jou storie gebeur wat jouself nuuskierig maak om te sien wat volgende gebeur. Ek kan nie skryf met ’n volledig uitgewerkte plot nie. Ek weet min of meer wat die begin, middel en einde is. Alles wat egter tussenin gebeur en die lotgevalle van die karakters bly interessant vir my en hou my as skrywer betrokke en aan die gang.” 

Chris skud sy kop wanneer ek hom vra waarin die beloning van skryf lê. “Daarop het ek nog nooit ’n antwoord gehad nie. Wanneer ’n mens in Afrikaans skryf, is die beloning beslis nie finansieel van aard nie. Op die ou end dink ek dis soos daardie ou van The A team wat altyd gesê het: I love it when a plan comes together. Die gevoel wanneer jy iets skryf en dit werk; dinge val in plek, daarin lê die beloning. Dis moeilik om dit te beskryf, maar daardie gevoel van hier het iets gebeur wat ek glad nie verwag het nie, is waarskynlik dit waarna elke skrywer streef.”

En dan die vraag waaroor die meeste skrywers kopkrap: Wat van al jou skryfwerk lê jou die naaste aan die hart? Reguit en eerlik kom die antwoord: “Hoe kies ’n mens? In elke teks wat jy skryf, is daar iets wat naby aan jou bly lê, en ander dinge waarop jy graag sou wou verbeter. En selfs jou swakste werk was nodig om by die volgende stadium uit te kom."

   Alita Steenkamp is ʼn vryskutjoernalis en skrywer van verskeie boeke soos Veronica, die Kleur van Liefde, Steeds Mathys- Mathys Roets, My Storie, Loui Fish- Onsinkbaar, My Pyn, My Glorie- Hestrie Cloete-Els en My Bloed is Blou van Wynie Strydom.

 

 

 

 

On the Road with the Journey Man

Described by a former editor as “one of the straightest, bluntest, no-bullshit journalists I know”, Chris Marais has just launched The Journey Man, his book of reporter’s stories. His wife, fellow writer JULIENNE DU TOIT, says he was once a very, very naughty boy – but he’s all better now.

Chris Marais- the Journey Man

I am blessed with a husband who loves stories. Chris Marais has been listening to them, writing them, recounting them and living them in a long career that has spanned four decades – two in the old South Africa and two in the new.

Julie du Toit- the Wife

He worked for and among the greats of journalism, back when no one had any idea that this fascinating epoch would one day be seen as the peak of print media in South Africa.

Remember that feisty Apartheid-fighting newspaper called the Rand Daily Mail? Remember Scope magazine, known fondly as the Boere Playboy? Chris spent years writing for both.

Over years I’ve heard most of the stories of those crazy times and people. Photographer, Noel Watson and the Moonshine Trip into SA’s stranger backroads. Les Bush and the Killer Pinks in Hillbrow. Herman Potgieter and the Tiger Moths over Botswana. Greg Marinovich and Sex in the New SA. Lawyers, guns and daisies. The stoned Carlton Hotel bombers. Being tossed (literally) by AWB heavies.

Herman Potgieter                            Les Bush                                                  Dave Mullany and Chris Marais

It wasn’t all newspaper or magazine stuff. At the age of 27, Chris had left the RDM for a year of rambling across America in a battered old panel van with a school buddy, Spike Hansen. Maybe they went to find their cowboy roots or something. They definitely found their drinking hats in New Orleans, and a whole bunch of adventures besides.

So when Chris and I were hitched in 1998, our marriage certificate came with a “season ticket to the Grandstand of Life”, as the veteran hacks used to put it back in the day. We have since wandered the world together in a non-stop series of trips in search of good stories to tell.

For the past 12 years however, there has always been a book on the boil in our house. We began our big travels in Namibia (A Drink of Dry Land, Namibia Space) and went on to spend nearly four months travelling the entire coastline of SA (Shorelines, Coast to Coast).

But it was our growing fascination with, and subsequent move to the Karoo in 2007 that leap-frogged us firmly into the world of Indie publishing (Karoo Keepsakes I and II). The dry and deep Karoo is a true land of books and storytellers.

Every now and then, though, I would urge Chris to write down the stories of his wild youth. In part, because they gave an insight into that historically interesting era. Periodically he’d indulge me and we even brainstormed a few titles, some more obscure then others. The first one was Infinity Curves, another was more direct: Step Away from the Minibar.

 

After a while, though, he’d drift away from the idea. An autobiography didn’t sit well with him. Chris didn’t want to be the story.

I wasn’t the only one to encourage him. But the trigger proved to be our neighbour across the road, Alet van den Bergh, who said she would dearly love to know more about Chris’s life before he settled down with me.

She must have uttered the right words at the right time. In late 2014 Chris finally sat down and wrote down the stories over a period of several months. In the process, our house was turned upside down to yield fragments of the past, including long-lost clippings from Scope Magazine and ancient photographs of newsrooms in the Seventies and Eighties.

Those wild, hard-drinking journos looked so young! So many are no longer with us. Still, they live and breathe in this book. 

The title ended up being quite simple: The Journey Man: A South African Reporter’s Stories.

The first thing Chris will tell you is that this is not an autobiography. It’s not a memoir. Instead, it is a collection of feature stories, the kind of stuff you might have heard recounted in the Fed, the Liz, the Pram Hospital, Vegkop, Mundo Portuguese, the Yard, or any of those mythical Jo’burg journo drinking holes in the good old days.

And just for the record (because people always ask), he was not the guy who put the stars on the nipples. His life was more interesting than that.

The book covers the highly eventful epoch starting in 1976, the year of television test patterns and township violence, and ends in 1994, with the birth of the so-called New South Africa.

Chris wrote about prostitutes, cutthroats, professional stowaways, diamond divers, murderers, addicts, musicians and general hooligans. This book is where you’ll gain an insider’s view of how much was happening in those turbulent times – the townships up in flames, Hillbrow in the good old bad old days, the bike gangs, mayhem in Mugabe’s Zimbabwe, the fascinating Krebs trial callgirl.

Storytellers never escape unscathed from their stories. They all left their mark on him, one way or another.

Even so, several people (notably my mother) have expressed amazement that he seems so “normal” after such an uproarious life.

One of the most remarkable stories – and one for which he won two major awards – was a series on Wellconal he did for Scope Magazine in the late eighties. Practically every day for six months, he and photographer Les Bush headed out with drug squad police officers Dave van Heerden and Jenny Nel.

They recorded the human devastation wrought because of then-widespread addiction to this morphine-based painkiller, nicknamed Killer Pinks.

For a mad year he became a singer in the famous Silver Creek Mountain Band by night, and Scope’s Johannesburg Bureau Chief by day.

One day I asked him why he had spent so much time travelling through the States when most guys that age were firmly focussed on their careers. And why join a bluegrass band?

“I wanted to expand as a writer. Only real-time experience would give me that. Ronald Reagan’s 1981 America was perfect for me – exotic, with strange people. My year with the Creek put me, finally, on the other side of the microphone and gave me other valuable insights.

“Besides, it was all good fun.”

And, just for that willingness to truly enter into life, I love Chris dearly. It is a life that has made him an interesting man, a good man. He has given me the gift of twenty interesting years by his side.

The publishing story of The Journey Man is a home-grown family affair. I took the cover shot of Chris walking down a Karoo road with the Camdeboo mountains in the background. Our long-time friend Julia Lloyd, former partner of the late and great photographer Kevin Carter, was the book editor. Another mate from the old newsroom days, Sue Olswang, did the proofreading.

Scope editor Dave Mullany wrote the fiery foreword – and what he says about current day newsrooms will strike a chord with everyone who knows anything about the media today.

One of the most touching moments in the production of The Journey Man was when Chris put out a request to all his old familiars for photographs, especially on-site newsroom images of the various characters in his book. Photographers like Noel Watson, Trevor Samson, Greg Marinovich, Peter Whitfield and David Sandison dug through their archives and helped bring the narrative to life.

We’re offering The Journey Man in true Indie fashion: off our website www.karoospace.co.za where we have a Print Bookshop and an EBook shop set up to sell all our titles. Some small independent bookshops scattered about the country will stock it, and the marketing is done via a little bit of social media and a lot of old-time word of mouth.

So far the response has been gratifying.

My husband dedicated the book to those who shared the open road with him. I’m lucky to count myself among them.

Terug Terug na bo