JOIN OUR MAILING LIST

 

29 April 2016

Die sussies en die muis

Deur Alita Steenkamp

Twee van ons kosbare vriendinne woon nie te ver van ons af nie en elke kuier lewer heerlike skaterlag oomblikke op. Op Vryheidsdag laat gaan laai ons ’n boekrak by hulle op wat hulle vir my geskenk gee. Die twee glo baie sterk aan die beginsel van “paying it forward.” Hulle vertel toe van die muis wat deesdae hul woonplek deel. Hulle het een nag wakker geword van ’n vreeslike kabaal in die huis. Pinky, wat die afgelope 13 jaar in Thailand skoolhou, is tans op ’n sabbatsjaar by die huis en sal seker teen Augustus na die Verre Ooste terugkeer. Sy het die hond wat sy daar van die straat af opgetel en versorg het, verlede jaar na Suid-Afrika laat kom. In die huis is daar egter ook die drie spanjoele van kleinsus Minky. Een nag verlede week blaf die honde vreeslik en toe Pinky die sitkamerlig aansit, hier sit Meneer Muis verbouereerd in die helder lig wat skielik op hom val. "So ’n pragtige ou muisie met sulke ronde oortjies,” sê Pinky en my hart vermurwe by gedagte aan hierdie prentjie.

Die muisval

Daar en dan word daar besluit om plan te maak met die muis. Mooi en oulik mag hy wees, maar die skade wat so ’n indringer kan aanrig, kan reusagtig wees. Maar hoe nou gemaak?  ’n Muisval is heeltemal buite die kwessie, om nie eens van gif te praat nie. Die twee sit af na die plaaslike tak van ’n ko-operasie om daar ’n fuik te gaan koop waarin die muis lewendig gevange geneem kan word. By die ko-operasie is die twee egter nie presies seker waarvoor om  te vra nie. Die knapie by die inligtingskiosk luister na hulle en roep toe oor die winkel se luidspreker: “Oom Koos, oom Koos, harreware asseblieeef.” Die twee staan geduldig en wag tot oom Koos daar opdaag. Hemp in twee skakerings, kortbroek en oranje en wit rugbykouse. Hy is ooglopend nie gretig om die twee dames te help nie.

Nadat hulle beduie het presies wat hulle wil hê, het hy die regtig item van die rak af gaan haal en vir die twee gegee. Duidelik haastig om van hulle ontslae te raak. Nadat hulle betaal het en uitstap na hul motor, wonder Pinky meteens hoe die ding werk. Hulle het dit op en af bekyk, maar het steeds nie die vaagste idee gehad hoe om dit te gebruik nie.

Oom Koos by Harreware

“Kom ons gaan terug,” sê Minky toe en hulle draai net daar om. Weer na die mannetjie by die kiosk. Weer word oom Koos na “Harreware” toe geroep. Die slag is oom Koos nog minder vriendelik as die vorige keer. “Jammer om te pla maar verduidelik ’n bietjie vir ons hoe om met die ding te werk,” vra Pinky beleefd. Sy het immers by die Thais geleer van “Soft gets soft”. Wat die Thais hiermee bedoel is presies wat die Bybel ons leer van ’n sagte woord wat die grimmigheid keer. Hierdie benadering werk egter duidelik nie met oom Koos nie.  Ongeduldig sê hy: “Jy lig hier op, sit die gif daar neer, en dan kom die muis daarin en hy word vasgekeer waar hy dan sal vrek.” “Nee, wag,” keer Pinky vinnig, geen gif nie. Ons wil hom nie doodmaak nie. Dis juis daarom dat ons ’n fuik wil hê.” So uit die hoek van hul oog sien hulle hoe toe hoe oom Koos sy oë dakwaarts rol en moedeloos sug: “Nou sit dan  net die kos in dieselle hoek, dit behoort die bleddie muis te vang.”

Thailand se muise

Tot dusver was daar egter nog geen sukses nie. Met die vertel Pinky ons toe van die muisplaag wat sy in die woonstel in Thailand beleef het. Daar was vreeslike oorstromings en meteens het die oerwoud byna weer die stad ingeneem en dit het ’n erge muisplaag tot gevolg gehad. Een nag het sy ook een van die muise op heterdaad in haar kombuis betrap. Sy het nie geweet wat om te doen nie en na deeglike oorweging op die volgende strategie besluit. Sy sou met die muis in gesprek tree. “Meneer Muis, hierdie is my woonplek. Ek wil dit nie met jou deel nie. Gaan terug na waar jy vandaan gekom het” het sy toe vir die muis gesê wat geen notisie van haar geneem het nie. Hy het bloot voortgegaan om homself te “groom”. Waarskynlik was hy op pad na ’n rendezvous met Mej. Muis en Pinky se preek het duidelik geen hond, of is dit nou muis, haar af gemaak nie.

Die reuk van naftaleen

Die tweede strategie was om motbolle oral te strooi, Blykbaar verafsku muise en rotte die reuk van naftaleen. Nee, dit werk toe ook nie en die Thaise muise hol steeds dolgelukkig rond. Uiteindelik het Pinky se Thaise hulp wat af en toe in die huis gewerk het ’n tipe fuik daar aangedra en gestel en een vir een is die muise gevang en na ’n vlei naby haar woonstel gevat om daar vrygelaat te word. Die proses is drie maal herhaal, en sy het nooit weer las van ’n muis gehad nie.

Ons hoop maar Kloofsig se muis rig nie te veel skade aan voordat hy suksesvol in die fuik gevange geneem en gerepatrieer word nie. Sportpark daar langs die treinspoor sal waarskynlik sy volgende tuiste word.

 

 

15 November 2015

‘And I think to myself …’

I love music. I listen to music and it makes me think. I hear the words, I link it to real life issues and happenings and I get inspiration, motivation or sometimes simply a smile. Most songs actually have a useable message in there somewhere; think of the profound life lessons in classics such as ‘Oops, I did it again’, ‘Papparazi’ or ‘Daaronderlêdriepikkewyne’ (Down there lies three penguins) and ‘Baby Tjoklits’ (you notice my tongue heavily embedded in my cheek, I hope).

Me? I tend to prefer the real stuff. The Linkin Park, REM, Jan Blohm, Valiant Swart and of course Meatloaf type of stuff that is simply the inspiring uplifting songs with meaning, questions or philosophy entrenched in deep rhythm, rock, blues ……….. ‘en tyd’. I can’t stop wondering about some mystic ‘boer’, what I’ve done, in the end, a Van Goch touched canvass, those local odd-fellows behind the firehouse and how terrible it is to waste a kiss!

And that is the one song that I often refer back to when I’m hesitant to jump on a new opportunity, ‘A kiss is a terrible thing to waste’, as performed by Meatloaf and written by Sir Andrew Lloyd Webber and Jim Steinman. This song is about letting the future in, and not allowing the things you leave behind to drag you back.

However, last night on my way to my German lesson, as part of letting my future in, I was rudely taken back to the past and I realised again that we couldn’t ignore nor forget the past. We have to learn and improve from it. As I stepped off the bus at SülzburgerGurtel a small little plaque in the pavement caught my eye. It was the commemorative plaque of Benedikt and Lina Juhl, plastered into the pavement tar and which simply stated that this is where the couple lived, before they fled to Holland, were imprisoned to Westerbork and then deported to Sobibor, Poland in 1943. There they died on 21 May 1943, next week 70 years ago.

And then I sat in the class, sharing the confusion whether its ‘die, der or das kugelschreiber’ and how funny it looks when you write out 999 in German (pretty much in Afrikaans too) as ‘neunhundertneunundneunzig’, with an American, an Aussie, two French, three Spaniards, a Cameroon, a Romanian, a Bulgarian, two Italians, two Greeks, two Zimbabweans and a Pole and I thought to myself ‘what a wonderful world!’

The above paragraph-long sentence at least shows that my German lessons are working.

 

 

 

26 Oktober 2015

Wanneer ’n Vlaamse dokter steke insit

Dis baie algemeen vir Afrikaanssprekendes om te dink dit is maklik om Nederlands te praat, wat nog te sê – te verstaan.  Andersom dink Nederlandstaliges presies dieselfde - of soos Vlaminge oor Afrikaans sal sê:  “Een grappige taaltje...” – ’n uitdrukking wat ek telkens nogal paternalisties vind. Dit daar gelaat. In al die tyd wat ek in Vlaandere woon, het ek besef dis nooit slim om te “dink” ’n mens begryp regtig ’n ander taal goed nie. Dis regtig beter om tog maar moeite te doen om behoorlike onderrig te ontvang, want die verwarring kan andersins soms ’n groot verleentheid veroorsaak.

Ek het onlangs ’n Afrikaanse vriendin vertel van ’n slegte val wat ek gehad het en van wat alles in die “spoedafdeling” van die hospitaal gebeur het. Dit was eers toe ek haar reaksie gehoor het, dat ek skielik besef het hoe ongelooflik snaaks en marginaal byna – dit geklink het. Ek is van die uitdrukkings al gewoond, maar wanneer ’n mens sommiges weer hoor in Afrikaans, klink dit ongelooflik snaaks!  Soos ek vertel het, was haar reaksie:  “Is jy okei, jong?” en ’n rukkie later “Het jy hom behoorlik geklap!”.  Ek het net weer besef hoe die juiste bedoeling so vreeslik erg kan oorkom, wanneer ’n mens dink jy begryp Nederlands – in hierdie geval...

Ek het laat een aand, nadat ek heeltemal gevries het langs die hokkieveld,  lekker warm gestort tuis, my oë uitgehaal (ek is heeltemal blind sonder my lense of my bril) en was besig om my seun se vraag te beantwoord -  al wandelend die gang af.  Ek moes drie trappies na onder en dan weer drie na bo toe ek in my entoesiastiese uitleg (en natuurlik sonder my oë), oor lug begin loop het en met ’n klipharde smak met my gesig op die boonste drie trappe neergeslaan het.  My seun kon sy lag nie hou nie tot hy my omdraai  - en toe die hele huis wakker skree. Die onmiddellike reaksie van ons skaaphond was om soos ’n pyl uit ’n boog die trappe op te hol en my te begin “skaap” – wat beteken dat hy my liggaam oral probeer opdruk waar ek oor die hele trap gesprei lê in my dik, snoesige japon. 

My oog het sleg gebloei;  my seun het my arms vasgegryp sodat ek nie die bloed uit my oog kon wegvee nie en my hond  (wat my nog steeds probeer skaap het en tegelykertyd die bloedprobleem wou oplos)  het net verder gegly op die fluweelsagte japon. Die gevolg was paniek by hom en sy instinktiewe reaksie om my net verder op te druk op plekke wat nie meer opgedruk kan word nie...  Volgens die kundige mening van my seun moes ek steke kry.  Spoed (Ongevalle) toe. Ná ’n hele diskussie is ons weg hospitaal toe. Ek het volstrek geweier om in die middel van die nag met my slaapklere hospitaal toe te ry en moes eers aantrek;  my seun was kwaad en met my bril skeef op my neus, maar met deeglike klere aan, daag ons toe by die hospitaal op laat in die nag.

Die dokter aan diens was presies wat ’n mens snags wil hê wanneer jy weinig kan sien en hulp nodig het:  korrek, kalm, rasioneel, volledig in groen geklee en afstandelik.  ’n Bietjie van ’n “Pietje Precies”, soos die Vlaminge sal sê:  perfeksionisties, korrek, afsydig. Hy het my oog ondersoek nadat die suster dit skoongemaak het, ’n groot lig nader getrek en gesê:  “Mevrou, u moet genaaid worden” ... Nou moet ek darem sê, ná soveel jaar hier reageer ek toe, in ’n geskokte toestand waarin ek weinig kan sien,  eers instinktief en nie rasioneel nie. Ek reageer toe dadelik: “Ik denk van niet!”.  “Ja wel, mevrouw en nu onmiddellik!”.  Heel moedig reageer ek toe met: “Neen, niet met u!”  (Dit was op hierdie punt in die vertelling wat my vriendin toe byna skreeuend vra – “Het jy daai man geklap?”).

Die dokter het hom verder aan niks gesteur, die lig het nader gekom en heel digby my gesig, net gesê: “Ik luister niet verder naar u – ik naai u nu!”

Die uiteinde was heel mooi steke bokant my oog waarvan regtig net ’n piepklein merkie oorbly, ’n geweldige blou oog vir die volgende paar dae wat almal in my straat toe nog meer aan die gis gehad het – en die oeroue besef dat ons tog so graag altyd dink ons begryp ander en dan tog nog soveel foute maak. Ek het  tog ’n probleem met die “genaai” van die Vlaminge het ek daar en dan besef. Net gister het ek weer my instinktiewe reaksie opgemerk toe ek in die verkeer ’n winkel sien met die naam “Mieke’s Naai-atelier” op die venster...

●Karen is `n boorling van KwaZulu-Natal, maar was sedert haar studies gevestig in Johannesburg.  Sy het Staatswetenskappe en nagraads Ontwikkelingstudies aan die RAU studeer.  Daarna het sy by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika gewerk en later as ‘n politieke analis by `n konsultasiebedryf.  Sy woon al meer as 20 jaar in België met haar man, self `n oud joernalis, en drie tieners.  Sy is tans in haar finale jaar van `n BSc Hons (Sielkunde). 

 

Terug Terug na bo